Read Ebook: Strife and Peace by Bremer Fredrika Howitt Mary Mary Botham Translator
Font size:
Background color:
Text color:
Add to tbrJar First Page Next Page
Ebook has 812 lines and 61785 words, and 17 pages
GEDIGTE.
J. H. DE BUSSY, PRETORIA--AMSTERDAM. HOLL. AFRIK. UITGEVERS-MIJ. v/h J. DUSSEAU & Co., KAAPSTAD. 1919.
INHOUD.
Bls.
Aan ,,Madonna" 1
Sondag More 2
Die beeld van Oom Paul 3
Twee en Een 4
Ter gedagtenis van Immelmann 5
Virgo Rustica 6
Madonna-diens 7
In die Park 9
Uit Christina Rossetti 15
Rit-Rijmpie 16
Die Blomme 18
Herdenking 19
Haalwit gestapelde Wolke 20
Radbod 21
En alles word jou toegeworpe? 24
Die laatste Trekker 25
Uit Heine 28
Arkadi? 29
Die skat van Petrossa 30
Die ,,Saunter" 32
Bieblebom se Berge 33
Die Possie 34
Lacrimae Rerum 36
Wie in Glashuise woon 37
Die Afgrond roep uit tot die Afgrond 41
'n Speeltoneel 42
Die Kus 43
In die Hoveld 44
In die Lig van die Maan 45
Die sleutel 46
Aan mij Moeder 47
Die Onfinalist 48
Die Verhuising van Cupido 49
Aan M--. 50
Afrika 51
AAN ,,MADONNA".
Ek ken 'n woud waar orchidie? straal Soos sterre in 'n bij-besogte dal, En lisplend sing 'n lome waterval Tot slaap soos wierook op die bosse daal.
Dan kom die Fee?-koningin, gedra Van droomgewiekte rosse, wit soos melk En swaar wieg elke orchidie?kelk, Belaai met elwe-klosse om haar wa.
Daar dring 'n stoet van ridders om haar heen En bied in diamante bekers wijn, Wat in die halflig vonkel soos robijn, Bied op gebo? knie?, een vir een.
En deur die dromme van die dartel stoet Dring daar 'n beedlaar wat sij hoof laat hang, En bied haar in 'n bloemkelk opgevang, Diepbuigend, wat hij het--sij hartebloed.
'n Oomblik speel 'n glimlag, soos die maan Deur wolke skemer, oor haar rosemond Terwijl sij vreugde uitstort in die rond; Sij kon die dure gawe nie verstaan,
Maar in die woud waar orchidie? straal Soos sterre, in die bij-gesuste dal, Ruis lispelend 'n lome waterval Tot slaap vir ewig op die bosse daal.
SONDAG MORE.
Dit is stil in die voorhuis En stilte rus swaar op die bulte daarbuite, En stoffies hang blink in die lug, waar die venster 'n Gulde balk van louter luister inlaat. Daar word boeke gevat: Die psalm gaat statig opruis, Ruis weg oor die druipende wilkers, Waar die tortels selfs luister; 'n Hymne aan God, aan wie dit gerig is, 'n Statige hymne van rus en van vrede, 'n Wierook kolom. Dis weer stil. Luid kraai die haan in sij beurtsang-- En nou word gepraat, eers saggies dan luider, Nou word selfs gelag ... die stemming verbroke-- Die diens is virbij.
DIE BEELD VAN OOM PAUL.
Grouw in die maanlig rijs die swaar kolos, Oorheers die jong geboomte aan sij voet, Waardeur die aandwind huiwrig kla?nd spoed, En rustloos, als van geeste, sug die bos.
Die maan maak daar 'n glimlig op sij wang, Wat in die skemer lijk als nat betraan; Hij peins oor jonggestorwe hoop, die waan Van volkwees, peins oor volkswee en oor dwang.
Add to tbrJar First Page Next Page